Malaysia Airlines-vlug 17 | |
---|---|
9M-MRD, die vliegtuig in 2010.
| |
Datum | 17 Julie 2014 |
Oorsaak | Neergeskiet |
Plek van ramp | Oostelike Oekraïne |
Sterftes | 298 (almal) |
Beserings | 0 |
Vliegtuigtipe | Boeing 777-200ER |
Vliegtuigstertnommer | 9M-MRD |
Oorsprong | Lughawe Schiphol, Amsterdam, Nederland |
Bestemming | Kuala Lumpur, Maleisië |
Passasiers | 283 |
Bemanning | 15 |
Oorlewendes | 0 |
Malaysia Airlines-vlug 17 (MH17/MAS17) was 'n geskeduleerde vlug van Amsterdam, Nederland na Kuala Lumpur, Maleisië. Op 17 Julie 2014 het die vliegtuig in die ooste van Oekraïne, naby die Russiese grens neergestort. Die vliegtuig is deur 'n lugafweermissiel neergeskiet.[1]
Dit was die tweede passasierstraler van Malaysia Airlines wat binne enkele maande neerstort. Die eerste een, Malaysia Airlines-vlug 370, het op 8 Maart spoorloos verdwyn onderweg van Kuala Lumpur na Beijing. Die vliegtuig het vermoedelik in die Indiese Oseaan neergestort, maar die wrak is nooit gevind nie.[2]